Radikale Redenaars – By Truida Kestell word geglo dat elke kind ’n stem het wat verdien om gehoor te word. Truida Kestell se radikale redenaars het dit inderdaad bewys! Die jong span het onlangs hul talente in die radikale redenaars-kompetisie ten toon gestel, en die resultate laat Truidjies se harte vol trots klop.
Met selfvertroue, kreatiwiteit en ’n goeie dosis humor het die leerders hul idees voor ’n gehoor gedeel. Van graad 1 tot graad 7 het hulle gewys dat redenaars nie net woorde gebruik nie, maar ook passie en oortuiging.
Baie geluk aan die sprekers wat gekwalifiseer het vir die volgende rondte op 18 April by BVHS:
- Meiring Geldenhuys (gr. 1),
- Mika Fenwick (gr. 7),
- Alexa Meyer (gr. 3),
- Marx Geldenhuys (gr. 3),
- Constant Bester (gr. 4),
- Andries van der Walt (gr. 5),
- Colene Koch (gr. 5),
- Miné Haasbroek (gr. 6),
- Muhammad Latiff (gr. 6) en
- Anke van den Berg (gr. 7).
Leerder wat direk op 17 Oktober aan die nasionale finaal te Laerskool Concordia gaan deelneem is:
- Petri Swart (gr. 2)
- Graad 2-span: Ingus Grimbeek, Hannah Wiggett, Heléne van der Riet, Lilly Helena Watson
- Graad 4-span: Constant Bester, Barend Human, Janus Odendaal, Bester Grimbeek
- Graad 6-span: Izé Claassen, Karli van Zyl, Hayleigh Roux, Muhammad Latiff
Hierdie prestasies wys dat die leerders nie net akademies en sportief uitblink nie, maar ook die moed het om hul stemme te gebruik en ander te inspireer. Truidjies is ongelooflik trots op elke deelnemer. Julle is ware ambassadeurs van Truida Kestell!
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








