Valke Ekurhuleni 0.12 rugbyspanne. 🏉 Laerskool Impala Rugbytrots – Valke Proewe 2026.
Laerskool Impala in Kemptonpark, Gauteng, vier met groot trots die prestasie van vyf uitstaande jong rugbyspelers wat gekies is om die Valke Ekurhuleni o/12-spanne te verteenwoordig by die finale Valke-proewe op 24 April.
Die volgende seuns het deur harde werk, toewyding en spanpoging hierdie besondere mylpaal bereik:
- Zane Suthil
- Anrich Pienaar
- Ruben Badenhorst
- Jano Weyers
- Dian de Kock
Hierdie prestasie is nie net ’n erkenning van hul talent nie, maar ook ’n bewys van hul karakter, dissipline en die ondersteuning van hul afrigters, spanmaats en families. Die hele Impala-gemeenskap staan agter julle en glo dat julle die skool se naam met trots sal uitdra.
🌟 Baie geluk en sterkte, seuns – gaan wys die wêreld wat Impala-rugby beteken!
Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor









