Affies Prestige Netbaltoernooi – Fichies se harte klop vol trots vir hul netbalspelers, afrigters en skeidsregters wat met ongelooflike toewyding en passie die afgelope drie dae aan die Affies Prestige Netbaltoernooi in Pretoria deelgeneem het.
Die uitslae (18 skole per ouderdomsgroep) wys dat ons span nie net meeding nie, maar ook karakter en deursettingsvermoë toon:
- o.14A – 8ste
- o.15A – 5de
- o.16A – 8ste
- o.17A – 18de
- o.18A – 11de
👏 Baie geluk aan elke speler en afrigter! Julle harde werk, spanwerk en vasbyt maak ons ongelooflik trots.
“Ons bou aan iets besonders… en die beste lê nog voor!”

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf











