Oakdale Rugbyfees. Uppies skitter by Oakdale Rugbyfees.
Hoërskool Upington se 1ste Rugbyspan het die afgelope week hul merk gemaak by die Oakdale Rugbyfees – en watter ongelooflike week was dit nie!
Die manne in oranje het met trots en vasberadenheid drie uit drie oorwinnings behaal. Hul deursettingsvermoë, dissipline en spanwerk was ’n inspirasie om te aanskou.
Een van die hoogtepunte was beslis die wedstryd teen Cardiff and Vale College van Wallis – ’n ervaring wat hierdie seuns nog lank sal koester.
Ons is ongelooflik trots op elke speler wat die Uppie-trui met soveel passie en trots gedra het. Julle verteenwoordig nie net ’n span nie, maar ’n hele skool en gemeenskap.
’n Spesiale gelukwensing aan Tiaan Serfontein, wat tydens die prysuitdeling aangewys is as die Nr. 6 in die Oakdale XV-tal – ’n span saamgestel uit die beste spelers van die toernooi. Dit is boonop die tweede jaar in ’n ry dat hy hierdie besondere eer ontvang. Wat ’n merkwaardige prestasie!
Baie geluk, Tiaan – jy maak jou skool en gemeenskap trots.
Uppies se waardering gaan ook uit na hul afrigters, Wikus Blaauw en Johan Truter, asook ChrisMari, hul toegewyde fisioterapeut. Julle leiding, toewyding en omgee het ’n groot rol gespeel in die sukses van hierdie toer.
Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf










