ASA-kampioenskappe 2026. Atletiek Uitslae.
Die jong atlete van Hoërskool Framesby, Gqeberha, het hul talente ten toon gestel tydens die ASA-Kampioenskappe 2026, en die resultate getuig van harde werk, deursettingsvermoë en trots.
Hoogtepunte:
- Kayden Thorreson het ’n uitstekende 2de plek behaal in die seuns o.18 verspring – ’n prestasie wat hom onder die top springers geplaas het.
- Lincoln Kunneke het sterk gegooi en ’n 4de plek in die Seuns o.18 Hamergooi verower.
- Matthys Potgieter het sy vaardigheid in die Mans o.20 Paalspring getoon met ’n 5de plek.
- Mienke van der Merwe het ’n 10de plek in Dogters o.18 Hoogspring behaal – ’n mooi prestasie in ’n sterk veld.
- Dieter Voigt en Meke de Vries het albei hul krag en spoed in die 400m hekkies getoon, met 3de plekke in hul onderskeie ouderdomsgroepe.
Verdere Resultate:
- Deseré Marx (Dogters o.16 Hamergooi) – 6de
- Fourie le Grange (Seuns o.16 Hamergooi) – 5de
- Guerra Ntuli (Mans o.20 3000m Steeplechase) – 26ste
- Janné Bekker (Dogters o.16 Verspring) – 30ste
- Lea May de Beer (Dogters o.16 Hoogspring) – 29ste
- Leané Rudman (Dogters o.16 Spiesgooi) – 8ste
- Tamlyn Heyman (Dogters o.18 Hamergooi) – 9de
- Tiané Slabbert (Dogters o.18 Paalspring) – 7de
- Wieneke Voigt (Dogters o.16 Driesprong) – 22ste
- Romy Meurs het in twee items deelgeneem: 200m (Semi-finaal, 6de) en 100m (Uitdunne, 7de).
- Anel Conradie (Dames o.20 100m hekkies) – 5de
Hierdie uitslae wys dat Framesby se atlete nie net deelneem nie, maar ook meeding op ‘n hoë vlak. Elke prestasie, groot of klein, dra by tot die trots van die skoolgemeenskap. Framesby sien uit na nog vele oorwinnings en persoonlike hoogtepunte vir hul sportsterre.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor









