Nasionale SANSSU – Hoërskool Garsfontein is trots om uitstaande nuus te deel oor hul talentvolle skuts!
SANSSU staan vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskuttersunie. Dit is die amptelike liggaam wat skoleskiet in Suid-Afrika koördineer en organiseer, met deelname van jong skuts regoor die land.
Maryke Crous en Anisa du Toit is gekies om deel te neem aan die nasionale SANSSU Top 80-proewe wat op 17 en 18 April in Vryheid, KwaZulu-Natal plaasvind. Hier sal die land se beste jong skuts mekaar die stryd aansê. Julle harde werk en toewyding het vrugte afgewerp.
Garsies wens julle alle sterkte toe vir hierdie groot geleentheid!
Abigail Nabal het ook ’n merkwaardige prestasie behaal deur gekies te word om die Central Gauteng Pistol Association tydens die SAPF Nasionale Kampioenskappe te verteenwoordig. Hierdie kampioenskappe vind van 27 April tot 2 Mei by die Eeufees-skietbaan in Pretoria plaas. Abigail die hele skoolgemeenskap is ongelooflik trots op jou en glo jy gaan die Garsies-naam met trots uitdra!

Hoërskool Garsfontein glo dat sport nie net talent bou nie, maar ook karakter vorm. Hierdie drie skuts is ’n inspirasie vir hulle medeleerlinge en ’n bewys dat deursettingsvermoë en passie tot groot hoogtes kan lei.
Baie geluk – julle maak Garsies trots!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








