SA Junior Muurbal Ope. Kwaggas uitblinkers op die muurbalbaan!
Drie leerders van Hoërskool Outeniqua, Christian Swanepoel, Ruan Botha en Hanrie Duits, het die afgelope naweek die skool se naam hoog gehou tydens die 2026 SA Junior Ope Suidtoernooi.
- Christian Swanepoel eindig 3de in die seuns o.19-afdeling.
- Ruan Botha behaal ’n puik 2de plek in die seuns o.17-afdeling.
- Hanrie Duits eindig ook 2de in die dogters o.19-afdeling.
Hierdie prestasies is besonders, aangesien die SA Junior Ope een van die grootste en mees mededingende junior muurbaltoernooie in die land is. ’n Top-3 plek beteken dat die spelers hulself bewys het teen van die beste jong talent in Suid-Afrika.
🎉 Baie geluk, Kwaggas! Julle harde werk en toewyding maak ons ongelooflik trots.
Lees meer skitterende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor









