SA-Atletiekkampioenskappe. Hoërskool Dr EG Jansen – Atletiekprestasie.
Met groot trots en breëbors kondig Hoërskool Dr. EG Jansen, Boksburg, aan dat Jessica Botha deurgedring het na die SA Skole-atletiekkampioenskappe. Jessica het tydens die Gauteng-byeenkoms uitmuntend presteer deur 1ste plek in die 200m en 2de plek in die 100m te behaal.
Hierdie prestasie is ’n bewys van haar toewyding, harde werk en talent. Die hele Jansen-gemeenskap staan agter haar en wens haar alle sterkte toe vir die nasionale kampioenskappe.
Jansentrots straal helder – Jessica, jy maak ons almal trots!
Lees meer breëbors skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor









