Synergy Cup. Kwaggas toon krag by Synergy Cup 🎾
Hoërskool Outeniqua se Kwagga-tennisspelers het die afgelope naweek by die Synergy Cup in die Paarl hul talente ten toon gestel. Eden se o.15- en o.19-spanne het kragtige teenstanders die stryd aangesê en met groot vasberadenheid derde geëindig naas die Cavaliers en WP.
Die volgende Kwaggas het Eden met trots verteenwoordig:
Onder 15:
- Nika Kirstein
- Mieke van der Schyff
- Mienke Koegelenberg
- Miahlize Kamener
- Thiemo Opperman
Onder 19:
- Tiana van Niekerk
- Suané Koegelenberg
- Retief Sharp
- Tiana van Niekerk
- Suané Koegelenberg
- Retief Sharp
- Lienka Strydom
Baie geluk aan al die spelers – julle het die Kwagga-gees sterk laat leef!
Outeniqua is ongelooflik trots op julle!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor









