Noodhelpers Ontvang Balkies – Hoërskool Witteberg se senior noodhelpers het vandag hul welverdiende balkies ontvang. Dit is ’n trotse erkenning vir tussen twee en vier jaar se toegewyde diens in noodhulp. Hierdie jong leiers het nie net hul vaardighede op die sportgronde bewys nie, maar ook hul toewyding aan die veiligheid en welstand van hul medeleerders.
’n Spesiale woord van dank gaan aan Bethlehem Noodhulp. Deur hul ondersteuning en samewerking speel hul ’n groot rol in die ontwikkeling en prestasie van die leerders. Hul teenwoordigheid op die sportgronde gee die span die selfvertroue om elke uitdaging met professionaliteit te hanteer.
Wittes se noodhulpspan is tans indrukwekkend groot. Hulle bestaan uit 88 leerders. Hierdie noodhelpers staan naweke gereed om diens te lewer tydens Bethlehem se sportgeleenthede. Dit is ’n bewys van die skool se kultuur van diensbaarheid en gemeenskapsbetrokkenheid.
Die balkies is met trots oorhandig deur:
- Me. Arina Pieters
- Mnr. Herold de Klerk van Bethlehem Noodhulp en
- Mnr. Pieter Visagie van die Departement Gesondheid
Hierdie seremonie het nie net die harde werk van die senior noodhelpers bekroon nie. Dit het ook die belangrikheid van spanwerk en gemeenskapsamewerking onderstreep.
Hoërskool Witteberg is trots op elke noodhelper wat met toewyding en passie diens lewer. Julle is die stil helde agter Hoërskool Witteberg se sportvelde!


Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








