)

Curro Podium-byeenkoms – Oranje blink uit

Curro Podium-byeenkoms – Hoër Meisieskool Oranje het die naweek weer gewys hoekom hulle as een van die land se topatletiekskole gereken word. By die Curro Podium-byeenkoms in Pretoria, waar die meeste van Suid-Afrika se sterkste skole meegeding het, het Oranje ’n puik 10de plek uit 40 skole behaal.

Die Oranje-atlete het nie net medaljes ingepalm nie, maar ook rekords laat spat. Karla Kock is aangewys as die beste senior veldatleet van die byeenkoms – ’n titel wat haar veelsydigheid en krag bevestig.

Medalje Wenners:

  • Rumé Burger het die 100 m gewen in ’n byeenkomsrekordtyd van 11.49 sekondes en verdien goud.
  • Karla Kock het in diskus geseëvier met ‘n goue medalje
  • Danyelle Pienaar het die 400 m-hekkies gewen en ‘n goue medalje verdien.
  • Die o.19 sweedse aflosspan het goud verower.

Ander podiumplekke

  • Karla Kock het ook silwer in die gewigstoot gewen.
  • Danyelle Pienaar het brons in die 400 m ingepalm.
  • Die o.15 sweedse aflosspan het brons gewen.

Die Oranje-span het ook hul merk gemaak in die Simbine Classic Shootout, wat deel van die byeenkoms was. Rumé Burger het tweede geëindig in die 300 m vir vroue, terwyl Charné Wansbury (matriek 2023) die 150 m gewen het.

Oranje se prestasies wys dat die skool nie net ’n trotse tradisie van atletiek het nie, maar ook ’n blink toekoms het.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://oranjemeisies.co.za/

Foto voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal