WP-B-Swemkampioenskappe. Hoërskool Gimnasium Paarl blink uit by WP-B-kampioenskappe 🏊♂️
Drie van Hoërskool Gimnasium Paarl se talentvolle swemmers het die afgelope naweek aan die WP-B-swemkampioenskappe deelgeneem en uitstekende prestasies behaal.
- Ayanke Stander het met ’n indrukwekkende totaal van 4 goue medaljes, 1 silwer en 2 brons uit die water gekom.
- Christiaan Stander het ook sterk vertoon met 3 goue medaljes en 3 silwer medaljes.
- Hanré Feyt het die span se deelname aangevul en trots die skool verteenwoordig.
Hoërskool Gimnasium Paarl is ongelooflik trots op hierdie drie swemmers wat die skool se naam met soveel glorie gedra het. Hulle harde werk en toewyding inspireer almal.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor









