Wildeklawer Wynland-Interhoër 2026. Hoërskool Stellenbosch wen eerste Wildeklawer Wynland-Interhoër 2026.
Op 3 Februarie 2026 het die eerste Wildeklawer Wynland-Interhoër plaasgevind – ’n dag waar ses top skole mekaar die stryd aangesê het in ’n atmosfeer vol talent, trots en skoolgees. Die kompetisie was uiters spannend en die einduitslag het die hoë standaard van atletiek in die Wynlandstreek bevestig.
Finale puntestand
- Hoërskool Stellenbosch – 1033 punte
- Hoër Landbouskool & La Rochelle Girls’ High School – 1018 punte
- Hoërskool Durbanville – 984 punte
- 4de: Paul Roos Gimnasium & Rhenish Girls’ High School – 982 punte
Individuele toekennings
- Beste Junior Dogter (Baan): Lamicah Adamson (Blomplaas)
- Beste Junior Dogter (Veld): Mila Vermeulen (HS Durbanville)
- Beste Senior Dogter (Baan): Charné Kayser (HS Stellenbosch)
- Beste Senior Dogter (Veld): Mila Ueckermann (HS Stellenbosch)
- Beste Junior Seun (Baan): Vuyo Ngobeni (Rhenish–Roos)
- Beste Junior Seun (Veld): Stephen Kotze (HS Stellenbosch)
- Beste Senior Seun (Baan): Philip van Tonder (HS Stellenbosch)
- Beste Senior Seun (Veld): Zaun Marthinus (HS Stellenbosch)
’n Groot woord van dank aan die hoofborg, Wildeklawer, en aan al die betrokke skole vir die ongelooflike gees en sportmangees wat die dag gekenmerk het. Die paviljoen het geblom van trots en energie – ’n ware viering van jong talent en samewerking.
Stellies sien met groot verwagting uit na ’n nóg groter en glansryker byeenkoms in 2027.




Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor









