WKOD – NSS-Toekennings. Op Donderdag, 29 Januarie, het die Wes-Kaapse Onderwysdepartement hul jaarlikse NSS-toekenningseremonie by die premierswoning, Leeuwenhof, aangebied.
HTS Drostdy, Worcester, is uitermate trots op hul hoofdogter van 2025, Anzél Jordaan, wat die toekenning ontvang het vir die beste prestasie in Toerisme in die Wes-Kaap! ’n Uitsonderlike prestasie wat haar harde werk en toewyding bekroon.
Die skool bring ook ’n groot woord van dank en gelukwensing aan haar onderwyser, mnr. Pieter Ras, wie se leiding en passie vir Toerisme ’n groot rol gespeel het in hierdie sukses.
Die resultate van die groep spreek boekdele: uit die 82 toerisme-leerders het 34 leerders 80% en hoër behaal, met ’n gemiddelde van 74,8%. Dit is voorwaar ’n merkwaardige prestasie wat die gehalte van HTS Drostdy se onderrig en die toewyding van die leerders weerspieël.
Baie geluk, Anzél – jy is ’n inspirasie vir almal! 🌟
Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








