Huis-atletiek 2026. Hoërskool Fichardtpark het hul Huis-atletiek 2026 met groot fanfare aangebied. Baie geluk aan Duncan Benadie, wat met trots die Victor Ludorum-titel verower het, en aan Zia Groenewald, wat as Victrix Ludorum aangewys is tydens die Huisatletiek.
Fichies vier ook Huis Barker, wat vanjaar dubbel glorie behaal het: hulle is gekroon as die algehele wenners én het die geesbeker huis toe geneem!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










