Interpro-tennistoernooi. 🎾 Stellies-tennisspelers skitter op nasionale vlak!
Hoërskool Stellenberg in Kaapstad vier groot sporttrots: vier van ons uitblink-tennisspelers is gekies om die Wes-Kaap te verteenwoordig by die Interpro-tennistoernooi in Pretoria, wat vanaf vandag tot 11 Januarie plaasvind.
Die CT Interpro-span sluit in:
- Justin Adams (seuns o.15)
- Stefan van Eyk (seuns o.15)
- Antonio Filippi (seuns o.19)
- Ané Bowman (meisies o.15)
Slegs die top ses WP-spelers per ouderdomsgroep kry die geleentheid om aan hierdie gesogte toernooi deel te neem – ’n bewys van die ongelooflike talent en harde werk van hierdie Stellies!
Stellies is ongelooflik trots op hierdie spelers wat nie net hul skool nie, maar ook die Wes-Kaap met trots gaan verteenwoordig.
✨ Baie sterkte, Stellies – gaan wys wat julle kan doen op die baan!
Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor









