Landloop Wêreldkampioenskap – Hoërskool Waterkloof is besonder trots op Leandri Pretorius en Lara van der Merwe. Hulle is landloop uitblinkers van Klofies. Op 10 Januarie gaan hulle deelneem aan die Landloop Wêreldkampioenskap wat in Florida plaasvind.
Leandri, bekend vir haar vasberadenheid en ongelooflike uithouvermoë, het al menige plaaslike en nasionale wedrenne gewen. Sy is iemand wat nooit terugdeins vir ’n uitdaging nie en haar dissipline op die baan inspireer jonger atlete om ook hul drome na te jaag.
Lara, met haar sprankelende gees en passie vir sport, het haar naam gevestig as een van die sterkste jong landlopers in die land. Haar vermoë om onder druk te presteer en haar positiewe ingesteldheid maak haar ’n ware rolmodel vir haar spanmaats en die hele skoolgemeenskap.
Hoërskool Waterkloof is ook verheug om aan te kondig dat Mnr. Arlet as nasionale afrigter verkies. Hy sal die Suid-Afrikaanse span op hierdie toer vergesel. Sy ervaring en toewyding beloof om die span tot nuwe hoogtes te lei.
Leandri en Lara hou Klofies se naam hoog. Julle gaan verseker Suid-Afrika met trots verteenwoordig!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








