Gholfsterre Skitter – Merensky Landbou Akademie is baie trots op twee gholfsterre. Hulle skitter op die gholfbaan deur groot golwe te maak. Jaydrian Moolman het op 6 Desember sy merk gemaak toe hy die o.19-afdeling van die Polokwane Junior Open met uitstekende spel gewen het. ’n Puik prestasie wat wys hoe harde werk vrugte afwerp.
Die goeie nuus stop egter nie daar nie. Die twee gholfsterre, Jaydrian Moolman én Morné Huysamen is albei gekies vir die o.19 Limpopo IPT-span. Dit is ’n besondere eer vir enige jong gholfspeler. Die twee talentvolle spelers verteenwoordig die Limpopospan van 15 tot 19 Desember 2025 by die Polokwane Country Club.
Merensky is ongelooflik trots op hierdie skitterende gholfsterre van hulle.
Mag julle elke hou geniet en die ervaring voluit leef!


Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








