)

UIMP Wêreldkampioenskappe – Hoër meisieskool Bloemhof skitter

𝗨𝗜𝗣𝗠 Wêreldkampioenskappe. Hoër Meisieskool Bloemhof trots op wêreldkampioen Simone van der Merwe.

Vir die eerste keer ooit is die UIPM Wêreldkampioenskappe Biathle, Triathle en Laser Run in een week aangebied – en boonop op eie bodem! Hoër meisieskool Bloemhof se graad 11-leerder en atletiekkaptein, Simone van der Merwe, het verlede week in Mosselbaai oor ses dae aan vyf items deelgeneem en as wêreldkampioen met ’n versameling medaljes teruggekeer.

Biathle

  • Gemengde aflos (o.19): Simone gee eerste aan haar spanmaat oor, maar hy word ongelukkig op die laaste 50m deur ’n ander Suid-Afrikaner verbygesteek. Haar span eindig tweede, maar slegs een aflosspan per land mag op die podium verskyn.
  • Individuele wedloop (o.19): Simone wen die wedloop en is ook deel van die Suid-Afrikaanse wenspan. Die top drie atlete ontvang dus ’n goue spanmedalje.

Triathle

  • Simone eindig tweede individueel en ontvang ’n silwer medalje.
  • Die Suid-Afrikaanse span wen, wat aan haar nog ’n goue spanmedalje besorg.

Laser Run

  • In ’n wedloop wat as ongelooflik beskryf word, wen Simone saam met haar aflosmaat die gemengde aflos.
  • Sy triomfeer ook in die individuele Laser Run en ontvang boonop die goue spanmedalje vir hierdie item.

Simone se prestasies:

  • 3 × goue spanmedaljes
  • 1 × goue individuele medalje
  • 1 × silwer individuele medalje
  • 1 × goue gemengde aflos

Hoër Meisieskool Bloemhof is uiters trots op hul atletiekkaptein. Simone, jy is die toonbeeld van volharding en ’n inspirasie vir almal om jou!

Lees meer skitterende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://hmsbloemhof.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal