)

ITF J30 Tennistoernooi – Hoër Meisieskool Bloemhof blink uit

ITF J30 Tennistoernooi. Die afgelope week het vier Bloemhoffers aan die tweede ITF J30 Tennistoernooi in Stellenbosch deelgeneem en die skool se naam met trots hoog gehou.

  • Lisa Jonker (gr. 8) en haar ouer suster, Ella (gr. 9), het albei hul eerste rondte enkelswedstryde gewen. In die ronde van 16 moes hulle egter die knie buig teen meer ervare internasionale spelers.
  • Charlotte Bouwer (gr. 9) het ’n uitstekende toernooi beleef. Sy het die kwarteindrondte van die enkels gehaal waar sy teen Stagni van Italië verloor. Charlotte en haar dubbelsmaat, Jenna Theron van Rhenish, het egter weer glansryk seëvier en is as dubbelskampioene gekroon.
  • Milla Kotze (gr. 11) het die toernooi met ’n hoogtepunt afgesluit deur as enkelskampioen uit die stryd te tree. In ’n marathonfinaal het sy 6-2, 4-6, 7-5 teen Ceressa Jackson van Australië gewen. Milla het ook die dubbelsfinaal gehaal waar sy en haar spanmaat ’n pragtige tweede plek behaal het.

🌟 ’n Fantastiese week vir Bloemhof-tennis – met sterk vertonings, waardevolle ervaring en ’n kampioenstitel wat die skool se trots bevestig.

Lees meer opeindende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal