Capital K Opewaterbyeenkoms – Bethlehem Voortrekker Hoërskool is baie trots op ’n groep leerders. Hulle het Sondag saam met swemmers van die Bethseals Swemklub geswem en uitgeblink. Met groot trots het hulle aan die Capital K opewaterbyeenkoms by Midmar deelgeneem. Hierdie uitdagende geleentheid is bekend vir sy langafstand-opewaterswem en verg ware deursettingsvermoë en moed.
Die volgende Betseals Swemklub en BVHS-leerders wat deelgeneem het is:
- Gaby Bishop – 3 km
- Minette Els – 3 km
- Mieke Hattingh – 3 km
- Lize Hattingh – 1 km
- Ruben Le Roux – 1 km
Die volgende BVHS leerders wat ook deelgeneem het is:
- Eleni Dede – 1 km
- Makenzie Slabbert – 1 km
Elke deelnemer het met vasberadenheid die koue water aangedurf en hul afdelings met trots voltooi. Hierdie prestasie is nie net ’n bewys van hul sportiewe talent nie, maar ook van hul karakter en uithouvermoë.
Hartlik geluk aan al die swemmers! Julle het die naam van BVHS en Bethseals met glans gedra. BVHS is ongelooflik trots op wat julle bereik het.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.voortrekker.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








