Hoofleiers 2026. Met groot trots en vreugde stel Laerskool George-Suid hul nuwe hoofleiers vir 2026 bekend. Hierdie leerders is nie net gekies vir hul nie, maar veral vir hul karakter, diensbaarheid en die voorbeeld wat hulle vir ander stel.
- Hoofseun: Juvan van der Merwe
- Hoofdogter: Nicola Nel
- Onderhoofseun: Cayden van den Berg
- Onderhoofdogter: Mariané Labuschagne
🎉 Veels geluk aan elkeen van julle! Julle dra nou die verantwoordelikheid om die stem en gesig van jul skoolgemeenskap te wees. Ons glo dat julle met integriteit, respek en ’n hart vir ander sal lei.
Die leuse vir die jaar herinner hulle daagliks aan die ware betekenis van leierskap: “Die enigste waardige motivering vir leierskap is ’n diep begeerte om ander mense te dien.” – Johan Smith
Mag hierdie woorde julle rigtingwyser wees, en mag julle elke dag die lig en inspirasie wees wat ander aanmoedig om hul beste self te wees.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








