Junior Binnenshuise Hokkie IPT – Merensky Landbou Akademie is trots om aan te kondig dat Coach Reinhardt Blokker, gaan uitblink by die eerste Junior Binnenshuise Hokkie IPT. Van 31 November tot 4 Desember sal coach Blokker in Pietermaritzburg wees vir ’n geskiedkundige sportgeleentheid, die heel eerste Interprovinsiale Toernooi (IPT).
Wat hierdie prestasie nóg meer besonders maak, is dat Coach Blokker nie net as toeskouer gaan nie. Hy is persoonlik genooi om as skeidsregtersbestuurder op te tree. Hierdie uitnodiging is ’n duidelike bewys van die respek wat hy in die hokkiewêreld geniet. Dis ’n erkenning van sy jarelange toewyding, kundigheid en passie vir die sport.
Baie geluk, Coach Blokker! Jou Merensky-familie is ongelooflik trots op jou.
Sterkte met hierdie opwindende nuwe hoofstuk. Plasies weet jy gaan ’n groot impak maak!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto voorsien
Become a Sponsor








