SA Skole meisie-hokkiespan. 🏑 Bloemhoffers blink internasionaal uit!
Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch is trots op twee van hul eie sterre, tans in Kuala Lumpur, Maleisië, waar hulle deel vorm van die SA Skole se meisies-hokkiespan wat aan die vierde Minarwan Cup deelneem.
Zani Boezaart, ’n graad 9-leerder, het vanjaar haar plek in die SA o.16A-span verwerf, maar is met haar uitsonderlike talent opgetrek na die o.18-span – ’n merkwaardige prestasie vir so ’n jong sportster! Sy sal tot 12 November haar land en skool met trots verteenwoordig.
Saam met Zani is me. Jamie Smith, Bloemhof se sportbestuurder: hokkie, wat as die span se amptelike video-analis ’n sleutelrol in die ondersteuningspan vervul. Haar kundigheid help om strategieë te slyp en spelinsigte te verbeter.
🌍 Hierdie internasionale toernooi bied nie net ’n geleentheid vir sportontwikkeling nie, maar ook vir kulturele uitruiling en persoonlike groei.
👏 Baie sterkte, Zani en Jamie! Julle maak Bloemhof én Suid-Afrika trots!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.bloemhofschool.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








