)

Rapportryers Bybelvasvra – Gereformeerde Skool Dirk Postma

Rapportryers Bybelvasvra. Gereformeerde Skool Dirk Postma, Pretoria, maak skoonskip by Rapportryers se Bybelvasvra.

Gereformeerde Hoërskool Dirk Postma het vanjaar drie spanne onder leiding van mev Lientjie Drijfhout vir die Rapportryers Bybelvasvra ingeskryf – ‘n nasionale projek wat reeds 46 jaar aangebied word.

Die kompetisie moedig leerders aan om Bybelgedeeltes te bestudeer en te memoriseer, wat Bybelkennis, Godsvertroue, samewerking en selfdissipline bevorder. Enige Afrikaanssprekende laer- en hoërskoolleerder kan deelneem.

Na maande se voorbereiding het twee van Dirk Postma se spanne deurgedring na die finaal by die FAK se Udolpho-oord aan die Vaalrivier tydens die naweek van 25 Oktober. Die vraestelle toets die leerders se kennis op ‘n hoë vlak met meerkeusevrae, invulvrae, blokkiesraaisels en teksgedeeltes. Taalvaardigheid in Afrikaans is ook ‘n kernaspek van die kompetisie.

Dirk Postma se leerders het vanjaar die eerste en tweede plek in die Hoërskole-kategorie gewen. Die skool besef dat hierdie prestasie genade is, maar beklemtoon dat die grootste waarde in die reis self lê – die Bybelkennis wat elke deelnemer opdoen.

Prestasies behaal deur Dirk Postma se leerders:

Tweede plek: Tirsa Drijfhout, Melandi Bouwmeester, Wilhelm Goodey, Ettienne van Alten.

 Eerste plek: Henro van der Linden, George Mnisi, Jannes Enslin, Wian Boersema.

Tweede plek wenners

Lees meer interessante skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.gsdp.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal