)

Top-gimnas in Gauteng – Hoërskool Linden

Top-gimnas in Gauteng. 🏆 Hoërskool Linden vier ‘n ster!

Die top-gimnas in Gauteng is ‘n trotse Lindeniet – Jeanne-Marié Kitshoff! 🤸‍♀️

Jeanne-Marié het vanjaar die gimnastiek-wêreld behoorlik laat gons deur alle nasionale kompetisies te oorheers. Sy is nie net die top-gimnas in Gauteng nie, maar het ook die provinsie met trots verteenwoordig by die SA’s in Durban.

✨ Op dag een van die nasionale kompetisie het sy twee goue en twee brons medaljes verower – wat haar ‘n indrukwekkende 2de plek algeheel besorg het. ✨ Dag twee was nóg meer glansryk: sy het vir al vier apparate gekwalifiseer en met nasionale kompetisies die 1ste plek algeheel ingepalm! 🌟

Daarby het sy ook die trofee vir die “Junior Olympic”-gimnas met die hoogste telling op die High Performance Circuit gewen – ‘n prestasie wat haar naam in die geskiedenisboeke vaslê.

As kroon op haar ongelooflike jaar is Jeanne-Marié gekies om Suid-Afrika in China te verteenwoordig in November – en ontvang hiermee haar Protea-kleure!

👏 Welgedaan Jeanne-Marié! Hoërskool Linden, Gauteng en die hele land is uiters trots op jou. Jy is ‘n ware inspirasie en voorbeeld van toewyding, talent en deursettingsvermoë.

Lees meer uitstekende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://linden.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal