Tennis Synergy Cup – Foto heel links: Skag; middel: Valk; derde van regs: Atlas; tweede van regs: Murray
Vier Marlow seuns skitter op Cradock tydens die Tennis Synergy Cup. Hoërskool Landbouskool Marlow se talentvolle tennisspelers het die afgelope naweek aan die gewilde Synergy Cup in Cradock deelgeneem. Hulle het hul staal gewys in die o/15-afdeling en puik spel gelewer.
Aloes-span o/15:
- Luan de Koker (Valk) – Vlak 3
- Meyer Marais (Murray) – Vlak 4
- Franco Marais (Skag) – Vlak 6 (het ingespring vir ’n siek spanmaat)
Elephants-span o/15:
- JP Adam (Atlas) – Vlak 5
Die Aloes-span het uitstekend gevaar en met trots die silwermedalje huis toe geneem.
Die uitslae was soos volg:
- Eden
- Aloes
- Elephants
- Noord-Kaap
Baie geluk aan die spelers wat met toewyding en sportmanskap die Marlow-naam hoog gehou het!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








