SA Stoeikampioenskappe. Hoërskool Jim Fouché blink uit op nasionale stoeiverhoog.
Drie talentvolle leerders van Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein het die Vrystaat met trots verteenwoordig tydens die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskappe wat van 9 tot 11 Oktober in die Heartfelt Arena in Pretoria plaasgevind het.
Die jong stoeiers het hul staal gewys teen van die beste in die land en verskeie medaljes huis toe gebring:
- WJ Etsebeth het ’n bronsmedalje verower in die o.15 Vrystyl 71kg-afdeling.
- Ruwan van Niekerk het ’n indrukwekkende drie medaljes ingepalm:
- Brons in o.15 Vrystyl 55kg
- Silwer in Presidente Grieks-Romeins 55kg
- Brons in o.15 Grieks-Romeins 55kg
- Stiaan Le Roux het ook dubbel brons behaal:
- o.15 Vrystyl 65kg
- o.15 Grieks-Romeins 65kg
Hierdie uitsonderlike prestasies getuig van harde werk, toewyding en ware sportmanskap. Hoërskool Jim Fouché is trots op julle!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf









