SA Skoleskiet Kampioenskappe. SA Skoleskiet Kampioenskappe – Hoërskool SPS Brandfort.
Baie geluk aan Rickus Steyn, wat tydens die vakansie met groot sukses aan twee nasionale skietkampioenskappe deelgeneem het!
Die Suid-Afrikaanse Skole Skietkampioenskappe Gehou in Modimolle (Nylstroom) vanaf 5 tot 9 Oktober, waar Rickus die volgende uitslae behaal het:
- 🥇 Goue medalje in die 10m staanposisie.
- 🥇 Goue medalje in die O/16-spanverband (4 skuts).
- 🥇 Goue medalje in die gekombineerde spanverband (O/16 en O/21, 8 skuts).
SA Jagters en Wildbewaringsvereniging Nasionale Kampioenskappe gehou by die Excaliber Skietbaan in Welkom op 10 en 11 Oktober:
- 🥈 Silwer medalje in die Lugdrukgeweer 3 Posisie-dissipline (25m lê, 20m kniel, 15m staan).
Rickus is ook uitgenooi om deel te neem aan die Senior SA Jagters Nasionale Kampioenskappe in die 50m Presisie-dissipline wat op 25 Oktober plaasvind.
👏 Welgedaan, Rickus! SPS is ongelooflik trots op jou prestasies en toewyding.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








