SA Biathlé Kampioenskappe. 🏆 Wittebergers op pad na Wêreldkampioenskappe!
Drie uitmuntende leerders van Hoërskool Witteberg in Bethlehem, het hul staal gewys tydens die SA Biathlé Kampioenskappe wat van 3 tot 5 Oktober in Nelspruit, Mpumalanga plaasgevind het. Hierdie veeleisende sport-item bestaan uit ’n 800m hardloop, 100/200m swem en nóg ’n 800m hardloop – alles sonder rus!
Ondanks die strawwe mededinging het al drie Wittebergers die kwalifiserende tye behaal. Hulle is nou ingesluit in die Suid-Afrikaanse span wat die land gaan verteenwoordig by die UIPM Biathlé Wêreldkampioenskappe op 8–9 Desember 2025 by die pragtige Santosstrand in Mosselbaai.
Witteberg se ster-atlete:
- O.15 Anabelle Bezuidenhout – 800 m / 100 m / 800 m – 07:55
- O.15 Aneldi Bezuidenhout – 800 m / 100 m / 800 m – 08:02
- O.17 Anieke Prinsloo – 800 m / 200 m / 800 m – 10:43
👏 Baie geluk aan hierdie drie fenomenale atlete! Julle toewyding, uithouvermoë en sportmanskap is ’n inspirasie vir ons almal. Sterkte met die voorbereiding – Mosselbaai wag!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










