Nasionale Dink of Sink. Met passie, vasberadenheid en skerp redenasie het Framesby se junior debatspan – Minette van Zyl, Jemima Oosthuizen en Jani van Heerden – hul stemme laat hoor en hul plek op die nasionale podium verseker! In die gesogte Dink of Sink-onvoorbereide debatkompetisie, het dié dinamiese trio die derde plek landwyd ingepalm – ’n prestasie wat nie net hul skool trots maak nie, maar ook die hele Oos-Kaap.
As streekwenners het hulle die uitdaging aangepak om oor drie komplekse en uiteenlopende onderwerpe te debatteer, sonder enige voorbereidingstyd – net vyf minute om hul argumente te formuleer:
- Moet alle plastiekverpakking verban word?
- Moet skole nie gratis internet hê nie?
- Is Kuns en Kultuur minder belangrik as Wiskunde en Wetenskap?
Met slegs hul skerp verstand en mekaar se ondersteuning, het die span hul standpunte met oortuiging en flair verdedig. Teen formidabele teenstanders soos Hoërskool Waterkloof, Paul Roos Gimnasium, Oranje Meisieskool, Hoërskool Nelspruit en Merensky Landbou Akademie, het Framesby se span hul staal gewys.
👏 Hartlik geluk aan Minette, Jemima en Jani – jul deursettingsvermoë, spanwerk en briljante redenasie het jul na nuwe hoogtes geneem. Framesby is ongelooflik trots op julle!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








