Oosie Stoei-uitblinker. 🏆 Hoërskool Oosterlig vier ‘n kampioen!
Kadin Botha, ’n trotse leerder van Hoërskool Oosterlig in Johannesburg, het hom in 2025 gevestig as een van Suid-Afrika se voorste stoeiers. Sy toewyding, talent en harde werk het hom na ongekende hoogtes geneem — en die Oosies is ongelooflik trots op hom!
🌟 Kadin se uitmuntende prestasies in 2025:
- 23 Maart – 1ste plek by die Beach Wrestling SA-kampioenskappe (Verwerf SA kleure)
- 4 Julie – Dubbel goud by die SADC Ope in Namibië
- Freestyle Wrestling
- Greco-Roman Wrestling
- 5 Julie – 1ste plek by die SADC Ope in Namibië vir Beach Wrestling (Verwerf International Sports Federation kleure)
- 4 September – 3de plek by die African Continental Championships vir Beach Wrestling (Verwerf Nasionale Kadette kleure)
🔜 Wat lê voor?
Kadin is ook gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by die komende SA-kampioenskappe vir Freestyle en Greco-Roman Wrestling, wat van 9 tot11 Oktober 2025 plaasvind. Ons glo vas dat hy weer sal uitblink en sy land met trots sal verteenwoordig!
🎉 Baie geluk, Kadin! Jou prestasies is ’n inspirasie vir ons almal. Hoërskool Oosterlig staan vierkantig agter jou!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.hsoosterlig.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








