Nasionale Ekonomie Opstelkompetisie. Hoërskool Outeniqua se Ekonomie-sterre blink uit!
Baie geluk aan Kristin van der Spuy en Daniële du Toit (albei in Graad 12) wat as finaliste gekies is in die nasionale Ekonomie-opstelkompetisie!
Hierdie twee talentvolle leerders is binnekort op pad Kaap toe, waar hulle ’n PowerPoint-aanbieding sal doen – die laaste fase in die kompetisie. Hierdie stap kan vir hulle ’n beurs verseker wat hul volledige studies in 2026 sal dek.
“Ons wens vir julle alle sukses toe, Kristin en Daniële – Outeniqua is ongelooflik trots op julle!” 🌟
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








