JF Sewes Rugbytoernooi. 🏉 Hoërskool Fichardtpark blink uit by JF Sewes Rugbytoernooi.
Beide die o.15- en o.17-sewesspanne van Hoërskool Fichardtpark het uitstekend gevaar tydens die JF Sewes Rugbytoernooi en het algeheel derde geëindig in hul onderskeie afdelings.
o.15-span:
Die jong Fichies het hul groepwedstryde met oortuiging gewen:
- Fichies 39–0 Brebner
- Fichies 24–7 Welkom Gimnasium
- Fichies 48–0 Duineveld
In die semi-finaal het hulle te staan gekom teen ’n sterk span van Grey Kollege:
- Fichies 7–48 Grey
Maar die span het kragdadig teruggekom in die derde plek-wedstryd:
- Fichies 24–7 JF
o.17-span:
Die o.17’s het ook hul stempel afgedruk met dominante vertonings:
- Fichies 45–0 Brebner
- Fichies 19–12 Welkom Gimnasium
- Fichies 36–12 Bloemfontein Hoërskool
In die semi-finaal het hulle vasgeval teen Grey Kollege:
- Fichies 7–21 Grey Kollege
Maar het hul toernooi sterk afgesluit met ’n oorwinning in die derde plek-wedstryd:
- Fichies 38–10 Hoërskool Jim Fouché
🎉 ’n Groot applous aan al die spelers en afrigters vir hul toewyding en prestasie. Julle het Fichardtpark met trots verteenwoordig!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








