Vrystaat Landloopspan. 🏃♀️ BVHS-Landlopers gekies vir die Vrystaatspan!
Bethlehem Voortrekker Hoërskool is ongelooflik trots op ons uitblinkers wat hul plek in die Vrystaat Landloopspan verwerf het. Hierdie talentvolle atlete het met toewyding, harde werk en deursettingsvermoë hul merk gemaak en verdien nou die geleentheid om hul provinsie te verteenwoordig op nasionale vlak.
Op 6 September sal hulle Middelburg reis om deel te neem aan die Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskappe – ’n prestasie wat nie net hul sportiewe vaardighede weerspieël nie, maar ook hul karakter en vasberadenheid.
🎉 Baie geluk aan die volgende leerders:
| Naam | Kategorie | Afstand |
|---|---|---|
| Dehan Cilliers | Seuns o.14 | 4 km |
| Wilhelm Potgieter | Seuns o.14 | 4 km |
| Liesa Krüger | Dogters o.15 | 4 km |
| Gerné Potgieter | Dogters o.15 | 4 km |
| Reané Campher | Dogters o.16 | 4 km |
| Kaylie De Bruyn | Dogters o.16 | 4 km |
| Magdalena Arangies | Dogters o.17 | 4 km |
| Anke Günther | Dogters o.17 | 4 km |
| WJ Krüger | Junior Men | 2 km |
| Carla Britz | Dogters o.18 | 2 km |
| Magdalena Arangies | Dogters o.18 | 2 km |
| Mieke-Louise Brits | Junior Women | 2 km |
BVHS is vreeslik trots op julle! Julle is ware ambassadeurs van BVHS en ons weet julle gaan met trots, passie en sportmanskap aan die kampioenskappe deelneem. Mag julle elke tree met selfvertroue neem en die Vrystaat se kleure met waardigheid dra.
Sterkte met die voorbereiding – Middelburg wag!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf











