Netbal Fast Five. 🏐 Bethlehem Voortrekker Hoërskool blink uit by Fast Five-toernooi.
Voortrekker se o.17 Fast Five-netbalspan het op Saterdag, 30 Augustus, hul merk gemaak tydens Welkom Gimnasium se vriendskaplike toernooi. Met vasberadenheid en spanwerk van die hoogste gehalte het die span hul staal gewys en 5 van hul 6 wedstryde gewen! Hierdie is ’n prestasie wat hulle as trotse naas-wenners laat eindig het.
Uitslae wat spreek van uitnemendheid:
- ✅ Wen 15–12 teen Hoërskool Witteberg 1
- ✅ Wen 40–0 teen ChristianB
- ✅ Wen 42–3 teen Wolmaranstad
- ✅ Wen 44–8 teen Goudveld Hoërskool 2
- ✅ Semi-finaal: Wen 15–5 teen Witteberg 2
- 🥈 Finaal: Verloor 22–23 teen Witteberg 1 — ’n naelbyt-eindstryd!
🎉 Hierdie span het nie net punte op die bord gesit nie, maar ook harte gewen met hul passie en sportmanskap. BVHS is ongelooflik trots op elke speler wat hul deel gedoen het omdie skool se naam hoog te hou!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








