Vrystaat Fisiese Wetenskappe Konvensie. 🎉 Hoërskool Hoopstad skitter by Vrystaat Fisiese Wetenskappe Konvensie! 🔬
Baie geluk aan Henk Ferreira, ’n uitmuntende leerder van Hoërskool Hoopstad, wat ’n 2de plek behaal het tydens die Vrystaat Fisiese Wetenskappe Konvensie – ’n prestasie wat ware toewyding en talent weerspieël!
Henk het die VFW Konvensie op die NWU-kampus bygewoon. Hy nie net sy kennis daar verdiep nie, maar ook waardevolle insigte opgedoen wat hom verder sal inspireer op sy akademiese reis.
As erkenning vir sy uitmuntende prestasie, kwalifiseer Henk vir ’n beurs aan die NWU – ’n wonderlike geleentheid wat sy toekoms verder sal vorm.
Die Hoopies-familie is ongelooflik trots op jou, Henk. Jy is ’n ware ambassadeur vir akademiese uitnemendheid en ’n inspirasie vir jou mede-leerders. Hou aan droom groot en werk hard – die wêreld lê voor jou oop! 🚀
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








