Hoëveld Tennisliga. 🎾 Hoërskool Hoogenhout blink uit in Hoëveld tennisliga!
Hoërskool Hoogenhout, Bethal, het vanjaar met ’n indrukwekkende nege tennisspanne aan die Hoëveld Tennisliga deelgeneem — ’n ware bewys van die skool se onvoorwaardelike ondersteuning van hul leerders.
Elke span het met toewyding en trots gespeel, en verskeie spanne het uitsonderlike resultate behaal. Veral die derde, vierde en vyfde seunsspanne het uitgestaan deur as ligawenners gekroon te word. ’n Prestasie om te vier!
Uitslae – Seunsspanne:
- Eerste span: 4de plek
- Tweede span: 3de plek
- Derde span: 🏆 Ligawenners
- Vierde span: 🏆 Ligawenners
- Vyfde span: 🏆 Ligawenners
Uitslae – Dogtersspanne:
- Eerste span: 2de plek
- Tweede span: 3de plek
- Derde span: 3de plek
- Vierde span: 2de plek
👏 Baie geluk aan al die spelers en afrigters! Julle het Hoogenhout se naam hoog gehou en bewys dat harde werk en spanwerk vrugte afwerp. Hoogies is ongelooflik trots op elkeen van julle.






Hoogies, julle is tops!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








