Fairtree Super 12-hokkietoernooi. 🏑 Bloemhof Fairtree o.19A-span behaal silwer by Super 12-hokkietoernooi. Hoër Meisieskool Bloemhof se Fairtree o.19A-hokkiespan het die naweek geskiedenis gemaak deur die silwer medalje te verower by die gesogte Fairtree Super 12-hokkietoernooi, aangebied deur die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje in Bloemfontein.
Hierdie prestasie is ’n voortsetting van die span se indrukwekkende seisoen, nadat hulle vroeër vanjaar ook silwer medaljes by die St. Mary’s-hokkietoernooi in Johannesburg ingepalm het, en ’n derde plek behaal het by die All Girls’ Festival. Die feit dat Bloemhof die finaal van die Super 12-toernooi gehaal het, is op sigself ’n mylpaal – die naaste wat die skool voorheen gekom het, was ’n derde plek in 2016.
🌟 Wedstryduitslae:
Die span het sewe intense wedstryde gespeel en het die eerste Bloemhof o.19A-span geword om sedert 1999 ’n oorwinning teen Oranje aan te teken:
- Wen teen Oranje: 1–0
- Wen teen St. Mary’s Kloof: 2–1
- Verloor teen Rhenish: 0–1
- Verloor teen Eunice: 0–1
- Wen teen HS Waterkloof: 1–0
- Wen teen DSG Makhanda: 0–0 (3–2 in valbylrondte)
- Verloor teen Paarl Gimnasium in die finaal: 1–4
Individuele Erkenning:
Emeri Botes, Bloemhof se talentvolle doelwagter, is aangewys as die beste doelwagter van die toernooi. Dit is ’n prestasie wat sy ook vroeër vanjaar by St. Mary’s behaal het. Veels geluk, Emeri!
🎉 Trots en Dankbaarheid:
Die o.19A-span het die hele Bloemhof-gemeenskap met trots vervul. Die skool spreek ook hul opregte dank uit teenoor Oranje en Fairtree vir die voortreflike aanbieding van die toernooi. “Dit bly ’n voorreg om daaraan deel te neem.” ’n Spesiale gelukwensing word ook gerig aan Paarl Gimnasium met hul oorwinning. “Julle mág maar hokkie speel!” Bloemhof is ook trots op hul susterskool, Rhenish, wat ’n welverdiende derde plek behaal het.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.bloemhofschool.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








