SANESA Qualifier 5. Hoërskool Jim Fouché skitter op die arena! 🐎
Op 26 en 27 Julie het die talentvolle ruiter Chy-Ann Muller, ’n trotse leerder van Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein, haar vaardighede ten toon gestel by die SANESA Qualifier 5. Met styl, fokus en ’n ware passie vir perde, het sy haar stempel afgedruk en indrukwekkende resultate behaal:
- Performance Riding Level 3 – 1ste plek
- Dressage Novice Test 3 – 2de plek
- Equitation – 2de plek
- Showjumping – 4de plek
Chy-Ann se toewyding en harde werk weerspieël in elke rit. Ons is ongelooflik trots op haar uitmuntende prestasie en wens haar alle sukses toe met die pad vorentoe. 🌟
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf









