)

Irene Seymore Netbaltoernooi 2025 – Hoër Volkskool Potchefstroom

Irene Seymore Netbaltoernooi 2025. – ‘n Viering van Talent, Passie en Prestasie.

🏐 Die jaarlikse Irene Seymore Netbaltoernooi het weereens sy reputasie bevestig as een van die hoogtepunte op Hoër Volkskool Potchefstroom se sportkalender. Die 2025-uitgawe was ’n fees van uitnemende spel, spanwerk en geesdrif wat die hart van Volkie-netbal klop-klop laat voel het.

“Ons wil opreg dankie sê aan elke skool wat deelgeneem het. Julle bydrae het die toernooi laat bruis van energie, kameraderie en netbal-trots. Daar was ’n atmosfeer wat elke oomblik op en langs die baan spesiaal gemaak het.”

Onder die vele hoogtepunte was daar trots-oomblikke vir Volkies:

  • Baie geluk aan Nicki van Wyk wat as Beste Doel van die toernooi aangewys is. Nicki het boonop haar 60ste wedstryd vir Volkies se eerstespan gespeel – ’n merkwaardige mylpaal.
  • Volkies vier ook Abigail Amos, wat tydens die toernooi haar 50ste wedstryd vir Volkies se eerstespan gespeel het. ’n Prestasie wat harde werk en toewyding weerspieël.

Vir die matriekdogters was hierdie hul laaste wedstryde in Volkies-kleure – ‘n emosionele afskeid vol trots. ” Baie dankie vir die ongelooflike erfenis wat julle nalaat, en vir die vuur waarmee julle die Volkie-naam gedra het.

Volkies wens ook Helpmekaar Kollege geluk met hul oorwinning as algehele toernooiwenners. “Julle spel was inspirerend en julle oorwinning welverdiend.”

Om die toernooi aan te bied was ‘n eer om soveel jong talent op ons bane te sien. “laat ons opnuut opgewonde voel oor die toekoms van Volkie-netbal. Mag ons vlerke nog verder sprei in die jare wat kom!”

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://potchvolkies.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal