)

TYR Prestige Long Course – Laerskool Menlopark

TYR Prestige Long Course. 🏊‍♂️ Noah Nice skitter in Durban se TYR Prestige Gala.

Laerskool Menlopark se graad 7-swemsensasie, Noah Nice (o/13), het van 8 tot 13 Julie aan die eerste gala van die seisoen, die TYR Prestige Long Course Gala in Durban, deelgeneem. Noah en sy optrede was niks minder as briljant.

Wat hierdie prestasie nóg meer indrukwekkend maak, is dat Noah nie net in sy ouderdomsgroep (13/14 jaar) meegeding het nie. Hy het ook in die gevorderde 15+ kategorie meegeding. Uit ’n totaal van 14 items het hy ’n ongelooflike medaljeoes ingesamel: 3 Goue medaljes, 7 Silwer medaljes en 2 Brons medaljes.

Noah het boonop drie kwalifiserende tye behaal vir die Suid-Afrikaanse Junior Nasionale Kampioenskappe (SANJ) o/14 in 2026, asook twee tye vir die Senior Short Course Nasionale Kampioenskappe wat in September 2025 plaasvind.

🎉 Baie geluk Noah — jou harde werk en toewyding is ’n inspirasie! Die swembad is duidelik jou koninkryk, en ons sien uit na wat jy volgende gaan bereik.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.menlolaer.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal