)

Bloemfontein Landsdiens – Hoërskool Jim Fouché

Bloemfontein Landsdiens. Kwaggas skitter op Provinsiale Landsdienskamp!

Die Bloemfontein Landsdiens het onlangs behoorlik gegons toe Hoërskool Jim Fouché se trotse Kwaggas ’n uitmuntende Provinsiale Kamp aangebied het – en dit alles onder die bekwame leiding van die Junior Bestuur!

Met puik beplanning, entoesiasme en ware Kwagga-gees het die kamp nie net ’n reuse sukses geword nie. Dit het ook ’n platform geskep vir ons jong leiers om hul staal te wys. En nou is dit amptelik: ’n groep briljante Kwaggas is gekies om die Vrystaat te verteenwoordig by die Nasionale Kamp! 🇿🇦🔥

Graad 11 en 12:

  • Liné Fourie – Kampleier
  • Gé Coetzee – Kampleier
  • Duné Koortzen
  • Francois Wilken

Graad 8 tot 10:

  • AJ Annandale – Kampleier
  • Jessica Neuhoff

Reserwes (Graad 8 tot 10):

  • Ruzel Fourie (Gr. 8 – eerste reserwe)
  • Markus Annandale (Gr. 8 – eerste reserwe)
  • Karabo Lebusa (Gr. 9)
  • Eben Smit (Gr. 10)

Hierdie kampleiers sal ook as Vrystaatleiers optree tydens die Nasionale Kamp, wat van 6 tot 11 Desember by die pragtige The Willows, net buite Gqeberha, plaasvind.

JF is ongelooflik trots op elke deelnemer. Julle het die Kwaggas se naam met trots, waardigheid en ware landsdiensgees verteenwoordig. Hou aan om te inspireer – die toekoms is in goeie hande!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/ https://fpark.co.za

Foto’s verskaf

Sponsored By

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal