Vrystaat Netbalkampioene. Fichardtpark se o.14’s skitter as Vrystaat netbalkampioene! Hoërskool Fichardtpark se o.14-netbalspan het Saterdag, 14 Junie, ’n silwer oomblik in goud verander toe hulle onoorwonne uit die Vrystaat-netbalkampioenskappe gestap het. In ’n reeks wedstryde wat hul vasberadenheid en spanwerk ten toon gestel het, het dié dinamiese span almal laat kennis neem: Fichardtpark ís ’n krag op die baan.
Uitslae van die dag:
- Wessel Maree 6 – 34 Fichardtpark
- Wilgerivier 8 – 21 Fichardtpark
- Eunice 4 – 14 Fichardtpark
- Semi-finaal: Witteberg 6 – 21 Fichardtpark
In ’n naelbyt-eindstryd teen Oranje Meisieskool het Fichardtpark gewys wat dit beteken om tot die einde toe te veg. Hierdie oorwinning is nie net ’n trofee op die rak nie, maar ’n bewys van toewyding, harde werk en ’n onwrikbare spangees.
SA’s – wees gereed! Fichardtpark storm op julle af. 🏐🔥



Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf









