Wildeklawer Netbaltoernooi. Die o.13A netbalspan van Primêre Meisieskool Oranje het vanaf 23 tot 26 April aan die Wildeklawer netbaltoernooi deelgeneem in Kimberley.
In die uitspeel rondtes het die span 7 wedstryde gespeel waarvan hulle 6 gewen het. Daarna dring die span deur na die semi-finaal teen Menlopark.
Ongelukkig het hulle hierdie wedstryd verloor met 6-11. In die uitspeel vir derde- en vierde plek het OMS teen Fairland Laerskool vasgeval en eindig vierde uit sestien skole.

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








