𝗔𝗹𝗹 𝗚𝗶𝗿𝗹𝘀’ 𝗙𝗲𝘀𝘁𝗶𝘃𝗮𝗹. ’n Leerder van The Girls High School Potchefstroom het gesukkel tydens die All Girls’ Festival landloopbyeenkoms om ’n stewige bult baas te raak. ’n Ander atleet – van Rustenberg Girls’ High School – haal haar in, maar steek haar nie verby nie. Sy haak by die meisie in en saam is hulle die bult op. Dis dié gees van omgee wat die All Girls’ Festival so uitsonderlik maak.
Bloemhof se landloopatlete het op die eerste dag van die ’n moeilike 4 km-roete afgelê, maar beide die juniors en seniors vaar baie goed:
Juniors:
- Katerien Fourie (gr. 9) – 2de
- Abigail Keuler – 7de
- Nicah Jacobs (gr. 9) – 10de
- Gizè Strydom (gr. 9) – 11de
Seniors:
- Mila de Jager (gr. 10) – 5de
- Mia Swanepoel (gr. 11) – 11de
- Almi Geyser (gr. 10) – 16de
- Johané van Blerk (gr. 12) – 18de
Op die fees se tweede dag is ’n spankompetisie gehou waar die atlete vir punte deelgeneem het. Bloemhof se juniors eindig saam eerste en die seniors tweede uit die 16 deelnemende skole.





Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.bloemhofschool.co.za/
Foto’s: Stephan Meyer
Become a Sponsor








