Affie-Gholffees. Die sewentiende Affie-Gholffees het verlede Maandag op Wingate Gholfbaan afgeslaan. Twaalf skole van regoor die land het aan hierdie jaarlikse fees deelgeneem.
Na dag 2 se beterbal puntespel, wat by Copperleaf plaasgevind het, eindig Affies 4de en lê algeheel in die 4de plek.
Dag 3 se spel het by Centurion Gholfbaan plaasgevind en die formaat was stableford puntespel. Affies eindig 3de vir die dag en skuif op na die algehele 3de plek.
Die laaste dag het by Serengeti plaasgevind. Affies speel teen Paarl Gimnasium vir die 3de/ 4de plek. Die Affie-span moes egter die knie buig en eindig in die algehele 4de plek uit die 12 skole.
Uitslae behaal:
- 1 – Michaelhouse
- 2 – Paarl Boishaai (HJS)
- 3 – Paarl Gimnasium
- 4 – Affies
- 5 – Grey High School
- 6 – Hoërskool Waterkloof
- 7 – Paul Roos Gimnasium
- 8 – Grey Kollege
- 9 – Maritzburg College
- 10 – Kearsney College
- 11 – Hilton College
- 12 – Clifton School

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








