SA Biathlon-kampioenskappe. Foto van links: Rebekah Braack, Zoë Janse van Vuuren, Jessica Matthysen, Samuel Tryhou, Eduan Naudé en Christiaan Tryhou.
Ses Nellie-atlete het deel uitgemaak van die Mpumalanga Biathlon-span wat op 22 Maart aan die 48ste SA Biathlon-kampioenskappe in Oudtshoorn deelgeneem het.
Biathlon (tweekamp) bestaan uit ‘n hardloop-item (vir die atlete 800 m) en ‘n swem-item (vir die atlete 100 m). Gesamentlik het hul punte NHS ‘n sesde plek besorg uit 35 deelnemende skole.
Spesiale melding word gemaak van Samuel Tryhou (o/17). Hy is die nuwe SA-kampioen is vir seuns o/19! Hy het die 800 m in 2:00.53 gehardloop! Samuel is ook aangewys as die Mpumalanga-spankaptein.
Zoë Janse van Vuuren (o/14) het 5de geëindig in die dogters o/15-afdeling. Sy het haar 800 m in 2:22 gehardloop.
Nellies se ander atlete wat deelgeneem het, is Rebekah Braack, Jessica Matthysen en Jessica Matthysen en en Christiaan Tryhou.
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








