Vrystaat Interhoër Swemkampioenskappe. BVHS is ‘n talentvolle swemmer ryker!
Deuné du Plessis, Graad 8 leerder, het die o.13 tot 14 jaar 200m rugslagrekord verbeter by die Vrystaat Interhoër swemkampioenskappe. Deuné het as deel van Hoërskool Sentraal se span deelgeneem. Haar ouers het onlangs verhuis na die Oos-Vrystaat en sy is nou ‘n leerder van BVHS. Die kampioenskappe het die afgelope naweek plaasgevind.
Deuné se individuele uitslae is as volg:
- 200m Rugslag – rekord
- 100m Rugslag – eerste plek
- 50m Rugslag – tweede plek
- 100m Vryslag – eerste plek
- 50m Vryslag – eerste plek
BVHS verwelkom ook Deuné se sussie, Ilanzé, in Graad 10, as deel van die Trekkerfamilie. Sy is ‘n Level 3 swemmer. Beide sussies is ook kranige hokkiespelers.
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf









