Oudkaptein gekies vir Proteas – Ané Janse van Vuuren, oud-leerder en oud-hokkiekaptein, van Hoër Meisieskool Oranje is ingesluit in die Protea-hokkiespan.
Sy is in die groep ingesluit wat volgende week na Maleisië reis vir 4 toetse.
Ané het haar hele hoërskoolloopbaan vir die 1ste span gespeel en was die kaptein in 2021 en 2022.
Ané het reeds Suid-Afrika op o.18 en o.21-vlak verteenwoordig. Sy was ook by die nasionale o.16-toernooi in 2019 en o.21-toernooi in 2024 as beste speler aangewys.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








